Geskiedenis: Tolla se Sentrum
Hierdie gebou wat in 1926 gebou is, het n lang en ryke geskiedenis. Dit was al die jare die Munisipale kantore en die stadsaal van Clanwilliam. Dit is dan ook in die gebou wat die eerste Blomskou gehou is. Hier was ook menige troues gehou, sowel as vurige politieke vergaderings. Dis dan ook tydens so n vergadering waar my Oupa Pieter na wie ek (Riaan) vernoem is in 1965 beswyk het aan n hartaanval.
Toe die Munisipaliteit na die ou skool verskuif, het die alombekende storie verteller Tolla van der Merwe die gebou gekoop en omskep in n klere winkel vir sy vrou en die res as kantore gebruik. Vandaar die naam Tolla se Sentrum.
Hoe dit toe op die ou end in ons familie beland het, is net so n interessante storie.
Aangesien ons huisvriende was, het ons eerste opsie gehad om wanneer die winkel in die mark kom dit te koop. Wel eendag uit die bloute bel Tolla en vra of ons familie nog belangstel om te koop. Ons ontmoet toe tydends die etensuur wat die winkel gesluit is. Ons kyk die voorraad vinnig deur, Tolla maak n prys en 14:00, nadat die etensuur verby is, word die winkel deur ons die nuwe eienaars oopgesluit. Die dame wat op daardie stadium in die winkel werksaam was, Mej Sarie Beukes, was uit die veld geslaan toe sy ons agter die toonbank sien nadat sy van ete af kom. Sy het egter vir 22jr nog sy aan sy met ons familie gewerk.
Vyf jaar later het my skoonpa Willem Carstens die gebou gekoop en tot vandag toe nog doen ons en ons kinders besigheid vanuit Tolla se Sentrum.
-- Riaan van Zyl
+27 27 482 1518
orders@tollasesentrum.co.za
Main Road, Clanwilliam, 8135
Operating hours: 08h00 - 17h30
Clanwilliam Vellies, Wupperthal shoes, Wupperthal skoene, Handmade leather products, Rooibos tea and more. Locally sourced authentic and high quality Rooibos tea and handmade vellies, velskoene, veldskoene, leather shoes, leather bags and more.